Quantcast
Channel: Maak dit self – SARIE
Viewing all 84 articles
Browse latest View live

Jani DIY-blog: Maak jou eie Kersboom uit plank

$
0
0

Jani Goussard van Paint & Decor DIY deel haar nuutste projekte met SARIE.com en wys jou stap vir stap hoe om dit sélf te doen. Ons kom in die Kersfeesbui met dié Kersboom wat sy van ou planke maak.

Kersfees-plankieboom

Hierdie Kersfees woon ek in ’n plek waar daar net eenvoudig nie plek is vir ’n boom nie – hierdie plankieboom is perfek vir min spasie en ook iets nuuts!

Jy benodig

  • Houtplankies
  • Saag
  • 100-grint-skuurpapier
  • CHALK PAINT™, dekoratiewe verf deur Annie Sloan, in twee kleure
  • Verfkwas en klein verfkwassie
  • Bladgoud en bladgoudgom (sizing)
  • Kouelym
  • Dik tou
  • Kramgeweer

Stap 1: Beplan

Kies vir jou houtplankies wat min of meer ewe breed is, maar dit kan ook verskillende groottes wees. Om ’n Kersboom-vorm te skep moet ons lank onder begin en dan stelselmatig die lengtes van die plankies korter maak. Ek het elke opeenvolgende plank 12 cm korter as die vorige een gesaag sodat daar ’n verskil van 6 cm aan elke kant is.

1 a Jani Kersboom 1 c Jani Kersboom

Stap 2: Verf en kerf laag een

Een van my gunsteling-dinge om met Annie Sloan CHALK PAINT™ te doen is om die verf op sy dikste te gebruik (jy verdik dit deur die deksel oop te los vir ’n tydjie – die water verdamp en die verf raak heerlik dik, wat perfek is om tekstuur mee te skep).

Ons gaan ’n “kerf”-tegniek gebruik om ’n verweerde, twee-kleurige afwerking te skep op ons Kersboom-planke. Jy het dus twee kleure verf nodig – ek gebruik Graphite en Original van Annie Sloan se CHALK PAINT™.

Verf die onderste laag lekker dik en gebruik die agterkant van ’n kwassie of ’n sosatie-stokkie om patrone of Kers-woorde in die verf te kerf.

2 a Jani Kersboom 2 b Jani Kersboom 2 c Jani Kersboom 2 d Jani Kersboom

Laat dit nou mooi droog word.

Stap 3: Verf ’n tweede laag

Nadat die eerste dik laag droog is, kan jy ’n tweede kleur bo-oor verf. Verf ’n dun, maar soliede lagie verf oor. Laat hierdie laag ook goed droog word. Maak seker die verf bedek ook die groewe wat jy met jou kwassie se agterkant of sosatiestokkie getrek het heeltemal.

3 a Jani Kersboom 3 b Jani Kersboom

Stap 4: Skuur

Nou kom die lekker! Ons skuur nou die planke – ek gebruik ’n 100-grint skuurpapier.

Wees net versigtig: die verf wat jy afskuur is so fyn soos stof en sal enigiets rondom dit vlek. Maak seker jy doen hierdie stap buite of in die motorhuis. Werk bo-op ’n koerant en gebruik ’n sagte droë kwassie om die stof van jou plank af te vee soos jy skuur.

Wanneer jy skuur, fokus op die areas rondom jou woorde of prentjies sodat die basiskleur duidelik deurkom terwyl die groewe wat jy met jou kwassie se agterkant of sosatiestokkie getrek het die boonste geverfde kleur sal bly. Jy kan skuur todat jy gelukkig is met die resultaat, maar moenie te diep skuur sodat jy die woorde wegskuur nie.

4 a Jani Kersboom 4 b Jani Kersboom 4 c Jani Kersboom 4 d Jani Kersboom

Stap 5: ’n Bietjie bling

Om die Kersboom bietjie feestelik te maak, gaan ek sterretjies uit bladgoud maak. Dis doodmaklik en vreeslik lekker. Die basislaag bestaan uit ’n spesiale gom, size. Verf dit sorgvuldig oral waar jy die bladgoud wil hê. Ek gaan sommer sterretjies met die gom “teken” waarop die goud sal vassit.

Vir my boonste ster: Ek gebruik sommer ’n katoen-tou om ’n ster-patroon op die boonste plankie te trek en op te bou. Trek vir jou ’n ster-patroon, vul die patroon met koue lym en lê die katoentou sorgvuldig in die patroon – druk die tou mooi plat soos jy gaan en wend ’n bietjie gom bo-oor ook aan. Laat die patroontjie droog word.

Wanneer die kouelym en tou-ster heeltemal droog is, verf die sterretjie met size. Die gom is in hierdie stadium wit – maar raak deursigtig droog. Was hierna jou kwassie met water skoon.

5 a Jani Kersboom 5 b Jani Kersboom 5 c Jani Kersboom 5 d Jani Kersboom

Los die size om droog te word – die gom raak taai wanneer dit droog is en dit is dan wanneer jy die bladgoud versigtig daarop kan plaas en liggies vasvryf met ’n sagte droë verfkwas. Werk sorgvuldig en vee alle ekstra bladgoud met die skoon kwassie van die planke af.

5 e Jani Kersboom 5 f Jani Kersboom 5 g Jani Kersboom 5 h Jani Kersboom

Stap 6: ’n Tou vir ’n stam

Noudat jou plankies pragtig feestelik versier is, kan ons hulle aanmekaar heg om ons Kersboom te vorm. Ek gebruik ’n mooi dik tou (verkrygbaar by Paint & Décor) en Wire Staple Nails wat mens met ’n hamer in die plankies inslaan (jy kan ook ’n dikkerige lint en ’n kramgeweer gebruik).

Draai jou plankies om dat hulle versierde kante na onder wys. Meet die middel van elke plank en dan so 2 cm aan weerskant. Gebruik die merke 2 cm weerskante van die middel as die lyn om die tou of lint op vas te slaan. Begin by jou onderste plank en werk stelselmatig op na die kleinste plank – maak ’n lekker lus bo waaraan jy die boom kan hang en beweeg weer af sodat jou boom ’n mooi dubbele stam het.

6 a Jani Kersboom 6 b Jani Kersboom 6 c Jani Kersboom 6 d Jani Kersboom

Stap 7: Ophang en versier

Hoera, ons boom is klaar! Hang die boom aan ’n spyker teen ’n muur en sit ’n tafel onder hom om presente op uit te pak. Jy kan ook die plankies met liggies versier of selfs spykertjies inkap en jou kers versierings daaraan ophang soos ’n regte boom.

7 a Jani Kersboom 7 b Jani Kersboom 7 e Jani Kersboom 7 d Jani Kersboom

Geseënde Kerstyd!

Tot volgende week,

Jani Goussard, 
Paint & Decor DIY
Volg ook Verbeelding.Image op Facebook vir nóg meer DIY-projekte
 
 

Alle foto’s en inhoud se kopiereg lê by Jani Goussard, Paint & Decor DIY.

Jani se vorige blogs

The post Jani DIY-blog: Maak jou eie Kersboom uit plank appeared first on SARIE.


Maak jou eie verweerde bottels

$
0
0

Ons wys jou stap vir stap hoe om ’n paar eenvoudige bestanddele te gebruik om bottels te laat lyk asof dit al jare deur die elemente verweer is.

Jy Benodig

  • Leë, deurskynende glasbottels en flesse
  • Blou of groen voedselkleursel
  • Wit houtlym
  • Kwas
Benodighede

Benodighede

Maak so

1. Meng ’n druppel blou of groen voedselkleursel met wit houtlym.

Stap 1

Stap 1

2. Was die bottels goed en droog af.
3. Verf buitekant van bottels met houtlymmengsel.

Stap 3

Stap 3

4. Laat droog word en herhaal proses indien nodig.
WENK Jy kan verskillende skakerings maak deur kleursel druppel vir druppel by houtlym te voeg.

The post Maak jou eie verweerde bottels appeared first on SARIE.

Verf dit self

$
0
0

Het jy ’n ou meubelstuk wat in die garage staan omdat dit sy fleur verloor het? Verf dit ’n ongewone kleurkombinasie en dit lyk weer splinternuut en byderwets.

Maak so

  • Dop die koffietafel om sodat dit op sy blad lê en draai die onderste 10 cm van die pote met maskeerband toe.
  • Verf die pote en rand met Plascon Velvaglo, kleur Unmatched Beauty (R7-B1-4).
  • Laat oornag droog word.
  • Keer tafel om en verf blad met Plascon Velvaglo, kleur Burnt Horizon (R7-B1-1).
  • Herhaal verfproses nog ’n keer indien nodig.

Die mat (R599) en geel ottoman (R799,99) is van Mr Price Home. Die kussing is van Loft Living (R595) en die appelkooskleurige bak (R300) van Moroccan Warehouse. Die ander
items is die stilis s’n.

Lees ook

 

The post Verf dit self appeared first on SARIE.

Jani se DIY-blog: Kant-afwerking op sement

$
0
0

Jani Goussard van Paint & Decor deel haar nuutste projekte met SARIE.com en wys jou stap vir stap hoe om dit sélf te doen. Dié week wys sy hoe om ’n fyn kant-afwerking op ’n sementvloer te verf.

Kant en klaar

“Ons het aan die begin van die jaar een van ons winkels verskuif. Ons nuwe perseel in Stellenbosch is vir ons ’n absolute fees (ons is steeds in Stellenbosch Square, maar nou aan die buitekant, langs die Pick n Pay-ingang). Dit was veral lekker om kreatief te raak met die nuwe vloer.

Baie mense wou al weet hóé ons dit gedoen het, daarom deel ek met julle die eerste stap-vir-stap-blog vir sementvloere – en jy het net 3 produkte nodig.

4 d

Jy benodig

    • Produk 1: Paint & Decor se TruPrime (sement-onderlaag, oftewel primer, met ’n waterbasis)
    • Produk 2: Potjies waterbasis-verf in kleure van jou keuse (ons gebruik Paint & Decor Sample Pots in Luxury Low Sheen)
    • Produk 3: Paint & Decor se Hydrothane (’n duursame waterbasis-poliuretaan)
    • “Rou” sementvloer
    • Stensil en kwas – ons gebruik ’n 50 mm-veselglas-kwassie van Hamiltons en ’n kant-stensil
    • ’n Spuitgeweer (spray gun) – dit is net nodig vir stap 3 en jy kan dié stap uitlos indien jy nie ’n spuitgeweer besit of wil aankoop nie.

Stap 1: Maak skoon

Hierdie stap-vir-stap werk op “rou” sementvloere. Met dié tipe vloer moet jy goed seker maak daar is geen los sementdeeltjies of stof voordat jy enige produk daarop sit nie. Indien jou sementvloer baie oneweredig is, kan jy die vloer met ’n diamantskuurder laat skuur vir ’n egalige voorkoms.

Stap 2: Prime

Die eerste produk van drie wat ons gebruik, is ’n onderlaag. Ons gebruik Paint & Decor se TruPrime. Dis ’n heerlike waterbasis-produk wat ook in ’n kleur gemeng kan word. Ek wou nie te veel kanse vat met kleur wat op rou sement anders lyk as wat jy dink nie – en as dit eers in die sement ingetrek het, is jy redelik vas. Ek seël dus eers die vloer met ons TruPrime sonder om enige kleur by te voeg. Een laag hiervan is genoeg – jy kan dit aanwend met ’n roller aan ’n verlengstok (extender stick). Laat dit vir sowat 8 uur droog word.

nuwe 2a nuwe 2 b*IETS OM TE ONTHOU: Omdat Paint & Decor se TruPrime ’n waterbasis-produk is, sal die oorspronklike kleur van jou sementvloer nie verander nie. Indien jy ’n primer met ’n oliebasis gebruik, sal die ligte grys kleur van jou sementvloer baie donkerder word.

Stap 3: Spuit die verf

Nou kan jy met kleur begin speel – altyd my gunsteling-deel! Vir ons vloere in Stellenbosch Square wou ek die effek skep van ’n ou vloer. Om dit te kry het ek ’n liter TruPrime in rookgrys en ’n liter in goudbruin gemeng. (Ons by Paint & Decor kan vir jou raad gee oor watter kleure by jóú vloer of projek sal pas.)

3 a

Om ’n wasige effek met die kleur te skep verkies ek aanwending met ’n spuitgeweer. Paint & Decor se TruPrime is dun genoeg om direk in die geweer te gooi. (Gewone muurverf moet jy eers verdun.)

Speel nou met die twee kleure afsonderlik op die vloer, stel die spuitgeweer op ’n fyn mis-sproei en maak seker jy wend dit nie te donker aan nie – jy wil steeds die sementvloer se patrone sien deurslaan. Dit is juis waarom ons die TruPrime gebruik – dit verskaf ’n deursigtige suspensie waarop jy die vloer se kleur kan spuit.

3 b 3 c

Stap 4: Verf met ’n stensil

Die stensil-tegniek wat op ons vloer is, is seker die maklikste wat jy ooit sal doen. Ek het ’n stensil laat sny met ’n kant-patroon, maar pleks daarvan om die motief in ’n blok-patroon te herhaal, soos wat mense gewoonlik met vloer-stensils doen, het ek sommer rond en bont en oormekaar gestensil.

4 a 4 b

4 c

Hierdie aanwending werk juis goed omdat die stensil soos kant lyk. Indien jy ’n geometriese tipe patroon het, moet jy maar in ’n patroon (grid) bly.

Konstentreer die kant-patroon op sekere plekke en laat dit stelselmatig yler word op ander plekke. Herhaal hierdie tegniek oor jou hele vloer. Ek het weer ons spuitgeweer gebruik, maar dit werk net so goed met ’n kwas. Gebruik ’n 50 mm-kwassie vir die stensilwerk sodat jy die kwas se haartjies lekker in die klein deeltjies van die stensil kan inwerk.

*ONTHOU net dat jy met stensil-tegnieke altyd so MIN moontlik verf op jou kwas moet laai anders vloei dit onder die stensil in en kry jy ’n smeer-effek (smudge). Speel met soveel kleure as wat jy wil, ek dink ’n bietjie kleur is baie mooi op ’n vloer.

Stap 5: Seël

Al wat nou oorbly, is om jou versierde vloer te seël. Ek het Paint & Decor se Hydrothane gebruik, wat ’n waterbasis-poliuretaan is. Dit is duursaam en word binne ’n paar uur heeltemal droog. Ons Hydrothane bevat ook geen VOC’s (vlugtige organiese verbindings) nie en is omgewingsvriendelik. Jy kan so twee lae aanwend binne 4 uur. Jy kan jou meubels 24 uur ná die aanwending van die laaste laag terugdra.

Die vloer is nou goed geseël en binne 5 dae is die Hydrothane volledig verhard (cured). Maar moenie bang wees om daarop te loop ná die oorspronklike 24 uur wag-periode nie.

6 a

6 b 6 c 6 d 6 e

Mooi loop op jul mooi vloere!

Jani Goussard, 
Paint & Decor DIY
Volg ook Verbeelding.Image op Facebook vir nóg meer DIY-projekte of inligting oor werkswinkels.
 

Alle foto’s en inhoud se kopiereg lê by Jani Goussard, Paint & Decor DIY.

Jani se vorige blogs – klik HIER

The post Jani se DIY-blog: Kant-afwerking op sement appeared first on SARIE.

GRATIS patroon: Gebreide kombers met fraiings

$
0
0

Hier is een van die 15 komberspatrone uit Elle se kombersboek Winter warmers

Blanket book coverAs jy nog patrone vir komberse soek, maak ‘n draai by www.elleyarns.com/books/project-books (R34,95)

{ _________ }

IMPORTANT NOTE: Unless yarn specified is used, SAPROTEX cannot accept responsibility for the finished work.

Owing to printing restrictions the colour reproduction is matched as closely to the yarn as possible.

MATERIALS

ELLE PURE GOLD CHUNKY (100g balls)

17 balls Bark 053

One 5,5mm circular needle.

One cable needle.

MEASUREMENTS

± 120cm wide x 175cm long.

THE INSTRUCTIONS ARE GIVEN FOR ONE SIZE ONLY.

TENSION

16sts and 32 rows = 10cm over garter stitch using 5,5mm needles.

ABBREVIATIONS

C3B = slip next 2sts onto a cable needle and hold at back of work, k1 st from left hand needle, then k2sts from cable needle; C3F = slip next st onto a cable needle and hold at front of work, k2sts from left hand needle, then k1 st from cable needle; dec = decrease; k = knit; p = purl; pw2 = purl next stitch, wrapping yarn twice around needle; rep = repeat; sl = slip; st(s) = stitch(es); tog = together; WSF = wrong side facing.

INSTRUCTIONS

Using a 5,5mm circular needle cast on 120sts.

K every row until work measures ±175cm, then cast off all sts.

SIDE TRIM (Both Alike):

Using a 5,5mm circular needle, pick up and k350sts (= 20sts per 10cm) evenly and neatly along side edge.

NOTE: Drop the extra loop on 2nd and 8th rows to make long st. Make sure not to twist these long sts when working the sl sts.

1st row: WSF, k6, p1, pw2, p4, *(pw2) twice, p4, rep from * to last 8sts, pw2, p1, k6.

2nd row: K7, sl1, k4, (sl2, k4) to last 8sts, sl1, k7.

3rd row: K6, p1, sl1, p4, (sl2, p4) to last 8sts, sl1, p1, k6.

4th row: As 2nd row.

5th row: As 3rd row.

6th row: K7, (C3F, C3B) to last 7sts, k7.

7th row: K6, p3, (pw2) twice, *p4, (pw2) twice, rep from * to last 9sts, p3, k6.

8th row: K9, sl2, (k4, sl2) to last 9sts, k9.

9th row: K6, p3, sl2, (p4, sl2) to last 9sts, p3, k6.

10th row: As 8th row.

11th row: as 9th row.

12th row: K7, (C3B, C3F) to last 7sts, k7.

13th to 18th row: Rep 1st to 6th row.

Next row, dec row: K2, (k2tog, k3) to last 3sts, k2tog, k1 = 280sts.

Next row: K.

Cast off all sts.

Block throw to measurement, cover with damp cloths and allow to dry.

FINISHING:

CORDED TASSELS (Make desired amount):

Cut 8 strands each 80cm long and fold in half.

Holding each end in left and right hands, beg to twist in opposite directions until cord becomes tight.

Keeping cord as straight and possible, grab the ends tog securely and give the cord a “whip” to allow the strands to coil.

Secure the tassel ends and trim neatly.

Sew the corded tassel evenly along the cast on and cast off edges.

_K6E9726

The post GRATIS patroon: Gebreide kombers met fraiings appeared first on SARIE.

Jani se DIY-blog: Die eenvoudige aartappel-stensil op sy beste

$
0
0

Jani Goussard van Paint & Decor deel haar nuutste projekte met SARIE.com en wys jou stap vir stap hoe om dit sélf te doen. Dié week wys sy hoe om baie mooi stensil-drukke met ’n eenvoudige aartappel te doen. 

Druk jou stempel af

Soms is die eenvoudigste dinge in die lewe regtig die moeite werd om weer te probeer! Terwyl ek tafels vir ons koffiewinkel geverf het, het ek met verskeie dekoratiewe verftegnieke eksperimenteer. Ek het die goeie ou aartappelstensil-tegniek weer op die proef gestel en ek is mal daaroor! Dit is só maklik en doeltreffend. Die geheim is om die ontwerp en kleure modern te hou.

Jani aartappel stensil

Jy benodig

  • Lekker groot vars aartappels
  • Koekie-uitdrukkers met interessante patrone
  • ’n Skerp, klein kombuismessie
  • PVA-verf (ek beveel aan Annie Sloan Chalk Paint™)
  • ’n Tafel om te stensil (of sommer net papier om jou eie geskenkpapier van te maak!)

Stap 1: Voorbereiding

Koop lekker groot, ferm aartappels om mee te werk. Besluit watter kleure jy vir jou stensil-tegniek wil gebruik.

Jani aartappel stensil

Verf die tafel of basis waarop jy wil stensil in die kleur van jou keuse.

Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil

Stap 2: Drukwerk

Sny die aartappels in die middel deur. Soek vir jou ’n paar oulike koekiedrukkers. Jy kan ook enige patroon of letter met ’n messie vryhand uit die aartappel sny.

Druk die koekiedrukker redelik diep in die aartappel, omtrent so 6 mm.

Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil

Stap 3: Kerf af

Sny met ’n skerp kombuismessie die buitenste dele van die aartappel rondom die koekiedrukker se patroon uit.

Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil

En jy het jou eerste stensil gemaak! Deesdae is daar die mooiste koekiedrukkers waarmee jy maklik interessante stensils kan maak.

Stap 4: Verf en stensil

Druk die aartappel-stensils op ’n absorberende lappie om dit droog te maak. Jy kan ook die aartappels bietjie laat staan sodat dit effens uitdroog – hoe droër die aartappel, hoe duideliker sal die patroon wees.

Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil

Gebruik kleiner en groter patrone deurmekaar en speel lekker met kleur. Gebruik jou verbeelding en maak enige oppervlak pret met jou unieke stensils. Ek hou spesifiek van die tafel wat ek net half geverf het en toe met stensil-voëltjies verder versier het.

Hierdie is ’n maklike manier om stensils te maak, maar dit is baie lekker en werk goed!

Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil Jani aartappel stensil

Mooi loop tot volgende keer!

Jani Goussard, 
Paint & Decor DIY
Volg ook Verbeelding.Image op Facebook vir nóg meer DIY-projekte of inligting oor werkswinkels.
 

Alle foto’s en inhoud se kopiereg lê by Jani Goussard, Paint & Decor DIY.

Jani se vorige blogs – klik HIER

The post Jani se DIY-blog: Die eenvoudige aartappel-stensil op sy beste appeared first on SARIE.

SARIE kreatief (vir kleingoed) 15 Junie op die rak

$
0
0

’n Splinternuwe uitgawe van SARIE kreatief (vir kleingoed) spog met 29 brei-patrone vir seuntjies en dogtertjies!

As ons gedink het die brei- en hekelgier is besig om te taan, het Madiba dit weer lewendiger as ooit tevore gemaak met die 67 Blankets-projek wat hy geïnspireer het. Net waar jy kyk, is daar hande wat wikkel en woel. Dít en die sukses van die eerste SARIE kreatief vir kleingoed was die groot inspirasie om die tweede uitgawe die lig te laat sien. Daar was ook ’n baie spesiale inspirasie: Lounette het vir die eerste keer ouma geword. Welkom, Lydia! Dit het ons met nuwe ywer na die mooiste en maklikste en besonderse patrone en breidrade laat soek. In hierdie uitgawe is daar ’n groot verskeidenheid patrone wat in elkeen se smaak sal val, van ’n geometries gebreide kombers tot skattige skoene.

Min dinge is so lekker as om terug te staan en jou handewerk te aanskou. Laat die penne klik!

 – Anita en Lounette

Hier’s ’n voorsmakie…

dps9c dps9a dps9b

SARIE Kreatief is as dubbelpak saam met die Julie-uitgawe van SARIE beskikbaar by uitgesoekte winkels teen slegs R85. Daar is 15 000 van dié dubbelpakke beskikbaar.

The post SARIE kreatief (vir kleingoed) 15 Junie op die rak appeared first on SARIE.

Jani se DIY-blog: Chipped-tegniek

$
0
0

Jani Goussard van Paint & Decor deel haar nuutste projekte met SARIE.com en wys jou stap vir stap hoe om dit sélf te doen. Dié week wys sy jou die tegniek om enige item oud en verweerd en getjip (chipped) te laat voorkom.

Tydloos 

Ek is gaande oor dié tegniek op ou deure en kombuiskaste – dit gee karakter aan gewone artikels.

Jy benodig 

  • Enige artikel om te verf – ek gebruik ’n vervelige blink fotoraam
  • Annie Sloan Chalk Paint
  • 100 grint-skuurpapier
  • Annie Sloan Clear Soft Wax

Stap 1: Verf jou artikel 

Eerstens gaan ons ’n goeie basis skep. Indien jy helder kleure wil gebruik, kies ook een neutrale kleur vir balans. Vir ’n Franse gevoel is ’n mengsel van grys, beige en warm wit perfek. (In Annie Sloan se Chalk Paint™-reeks, bv. Country Grey, Original, Coco, French Linen.)

3 b copy

Indien die artikel se oppervlak baie glad is, skuur dit effens met 100 grint-skuurpapier sodat die verf beter kan vasklou.

4 b copy

Onthou, maak seker dat die artikel skoon is voordat jy begin verf. Verf dan ’n lekker soliede laag van enige Chalk Paint™ deur Annie Sloan – ek gebruik Paris Grey.

4 a copy

Stap 2: Spikkel verf

Sodra die eerste laag verf droog is, begin ons met die kleure speel. Ek gebruik sommer helder kleure sodat ons die kontras goed kan sien op die finale produk. Verf soveel kleure soos jy wil en laat die verf droog word.

Stap 3: Boonste laag 

As jy gelukkig is met die hoeveelheid kleure wat op die artikel is en alles goed droog geword het, verf een soliede laag van ’n ánder kleur bo-oor die hele artikel. Dié laag moenie té dik wees nie, anders gaan jy hard moet skuur om die onderste kleure te wys.

3 a copy

Stap 4: Waks 

Wag totdat jou laaste laag heeltemal droog is voordat jy die laaste stap van dié tegniek aanpak.

Gebruik ’n rafelvrye (lint-free) lap om Annie Sloan se Soft Clear Wax oral oor die artikel aan te wend. Begin dan onmiddellik nadat die waks aangesmeer is om die boonste laag verf af te “kap” met die skuurpapier. Dit is belangrik dat die wakslaag nog nie droog is nie.

Vou jou skuurpapier een keer en gebruik die hoek om teen die verf te kap. Jy sal sommer sien dat die verf in sulke vlokkies afskiet. Die onderste kleure is nou sigbaar.

4 c copy 4 d copy

Dis so lekker om die verskillende kleure te sien deurkom terwyl jy skuur.

4 f copy

Mooi loop tot volgende keer!

Jani Goussard, 
Paint & Decor DIY
Volg ook Verbeelding.Image op Facebook vir nóg meer DIY-projekte of inligting oor werkswinkels.
 

Alle foto’s en inhoud se kopiereg lê by Jani Goussard, Paint & Decor DIY.

Jani se vorige blogs – klik HIER

The post Jani se DIY-blog: Chipped-tegniek appeared first on SARIE.


Maak dit self: Springbok-naamkaarte

Jani se DIY-blog: Vinnige stoel ‘face-lift’

$
0
0

Jani Goussard van Paint & Decor deel haar nuutste projekte met SARIE.com en wys jou stap vir stap hoe om dit sélf te doen.

Ek is hopeloos te verlief op die voorkoms van ou hout om dit te verf, maar soms kort ’n ou stoel ’n bietjie ekstra detail. Hierdie is ’n baie maklike, vinnige projek om ’n mooi ou houtstoel of -tafel nuwe lewe te gee!

Jy benodig

  • ’n Houtstoel of -tafel
  • Liniaal
  • Bordkryt
  • Bladgoud (Gold Leaf)
  • Bladgoudgom (sizing)
  • 2 klein kwassies
  • Vernislak-vlokkies (Shellac-vlokkies by Paint & Décor in 50 g pakkies beskikbaar) opgelos in brandspiritus (methylated spirits)

 1. Voorbereiding

Was jou stoel mooi met suikerseep af sodat daar nie vuiligheid is nie. Enige stof sal keer dat die bladgoud daaraan kleef.

1

2. Beplan en meet

Bladgoudgom maak dit moontlik om met patrone te speel en selfs woorde te spel, omdat bladgoud slegs vasplak waar dié gom aangewend is. Daarom moet jy mooi beplan voordat jy met jou projek begin.

Ek gaan die onderkant van dié stoel se pote afmeet en vir hulle goue voete gee. Ek gaan ook druppels laat afloop sodat dit lyk asof die goud teen die stoel se poot ‘drup’.

Vir hierdie stap moet jy jou stoel omdraai sodat jy makliker by die pote kan uitkom. Meet 10 cm van elke poot se onderkant af en merk dit met bordkryt.

2 a 2 b

3. Patrone met gom 

Verf bladgoudgom om elke poot se onderkant tot teenaan die bordkrytstreep en laat ’n paar druppels afloop (die gom is redelik vloeibaar so jy kan net ’n druppel met jou kwas druk om af te loop).

Wag totdat die gom droog word. Wanneer die gom droog is, raak die wit vloeistof deursigtige en taai. Dís dan perfek om die bladgoud aan te wend.

3 a 3 b

4. Bladgoud

Wees baie versigtig met die aanwend van die bladgoud – die blaadjies waai sommer weg! Plaas die bladgoud stukkie vir stukkie met skoon, droë hande op die areas van die stoel waar jy die gom geverf het. Jy kan die velletjie mooi teen die hout met ’n droë kwassie platstryk en die dele afvee wat nie aan die gom raak nie.

4 a 4 b 4 c

5. Vernislak (Shellac)

Seël nou die bladgoud oral met vernislak. Dit is ’n produk wat al jare gebruik word vir dekoratiewe seëlwerk en het ’n pragtige, natuurlike diep glans. Dit word verkoop as vlokkies wat opgelos word in brandspiritus (methylated spirits) (in die verhouding 1:1).

Los die oplossing in ’n glashouertjie totdat die vlokkies heeltemal opgelos is en dit ’n goue, loperige voorkoms het. Wend die vernislak met ’n verfkwas oor die bladgoud aan. Dit verseker dat die goud nie verdof of beskadig nie. Jy kan twee lae vernislak aanwend. Was jou kwas ná die tyd met brandspiritus.

5 a 5 b

6. Klaar

En siedaar! Pronktyd met jou unieke stoel. Ek het ons stoel sommer in ons koffiewinkel in ons Stellenbosch-tak gebruik as ’n koekstander!

6 a 6 b 6 c

Lees ook

The post Jani se DIY-blog: Vinnige stoel ‘face-lift’ appeared first on SARIE.

10 projekte met ou bokse

$
0
0

Het jy ook ’n paar ou bokse wat iewers in die huis stof vergader?

Hier is 10 Pinterest-projekte met bokse

1 Organiseer jou laaiers



2 Organiseer jou gunsteling-tydskrifte

(Natuurlik al jou SARIE’s!)


3 Hou jou linte bymekaar


4 Stoor mooi!



5 Vir die kleingoed


6 Organisasieboksies


7 Maak jou eie bioskoop


8 Organiseer jou badkamer


9 Vir jou naaldwerkhoekie


10 Maak ’n kind se jaar met Santa Shoebox

Lees HIER vir meer inligting

The post 10 projekte met ou bokse appeared first on SARIE.

Maklike versier-idee vir Kersfees!

$
0
0

In die Desember-uitgawe van SARIE wys ons jou hoe om Kersfees – en die gróót saamkuier – in die buitelug te vier!

Herman deel die heerlikste resepte en ons dekorredakteurs, Lounette en Anita, wys jou hoe om te versier.

Vandag deel ons maar net een van hul idees. Maak seker jy kry al die dekorwenke en lekker resepte in die Desember-uitgawe!

Versier jou eie sakke

Koop by ’n kunswinkel (en sommige rekenaarwinkels) afstrykpapier. Soek mooi prente op die internet en fotostateer dit daarop.

Knip katoenmateriaal tot die rege grootte vir die sakke, merk die posisie waar die prent moet kom en volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig om die ontwerpe af te stryk.

Voltooi sakke na smaak.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Hoe gaan jy Kersfees vier? Los jou antwoord in die kommentaar-boksie hieronder of deel dit op Facebook of Twitter.

DES desember 2015 jana strydom

The post Maklike versier-idee vir Kersfees! appeared first on SARIE.

Kersfees 2015 – Dekoridees

$
0
0

Dek ’n lowergroen tafel

Bord (vanaf R85) van Mervyn Gers, goudkleurige messegoed te huur by Two Birds Celebration Planning  FOTO: Henk Hattingh

Bord (vanaf R85) van Mervyn Gers, goudkleurige messegoed te huur by Two Birds Celebration Planning
FOTO: Henk Hattingh

Rangskik ’n ry klein sipres- en standaard-roosmarynbome (te kry by kwekerye) in die middel van jou tafel. Versier die bakke van die roosmarynbome met Kersballe en maak slopies van materiaal vir die bakke van die sipresbome. FOTO: Henk Hattingh

Rangskik ’n ry klein sipres- en standaard-roosmarynbome (te kry by kwekerye) in die middel van jou tafel. Versier die bakke van die roosmarynbome met Kersballe en maak slopies van materiaal vir die bakke van die sipresbome.
FOTO: Henk Hattingh

Koop gekleurde kardoesies en sit ’n klein geskenkie daarin op elke bord. Hang ’n pleknaam en ’n klein klokkie om die bokkie se nek (R150), Andrea’s Topiary Creations. Groen glas (R59) van @home. FOTO: Henk Hattingh

Koop gekleurde kardoesies en sit ’n klein geskenkie daarin op elke bord. Hang ’n pleknaam en ’n klein klokkie om die bokkie se nek (R150), Andrea’s Topiary Creations. Groen glas (R59) van @home.
FOTO: Henk Hattingh

Maak geskenksakke van natuurlike katoen met afstrykpatrone daarop. Die patrone kos sowat R200 vir ’n pak van tien A4-velle.  FOTO: Henk Hattingh

Maak geskenksakke van natuurlike katoen met afstrykpatrone daarop. Die patrone kos sowat R200 vir ’n pak van tien A4-velle. 
FOTO: Henk Hattingh

Versier-idees

Koop by ’n kunswinkel (en sommige rekenaarwinkels) afstrykpapier. Soek mooi prente op die internet en fotostateer dit daarop. Knip katoenmateriaal tot die rege grootte vir die sakke, merk die posisie waar die prent moet kom en volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig om die ontwerpe af te stryk. Voltooi sakke na smaak. FOTO: Henk Hattingh

Koop by ’n kunswinkel (en sommige rekenaarwinkels) afstrykpapier. Soek mooi prente op die internet en fotostateer dit daarop. Knip katoenmateriaal tot die rege grootte vir die sakke, merk die posisie waar die prent moet kom en volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig om die ontwerpe af te stryk.
Voltooi sakke na smaak.
FOTO: Henk Hattingh

Knip silhoeëtte van diere uit wit papier. Draai geskenke toe met bruinpapier, plak silhoeëtte vas en versier met ’n kleurlint.  FOTO: Henk Hattingh

Knip silhoeëtte van diere uit wit papier. Draai geskenke toe met bruinpapier, plak silhoeëtte vas en versier met ’n kleurlint.
FOTO: Henk Hattingh 

H ierdie glasballe (R85 en R95) van @home werk elk met sy eie klein battery.  FOTO: Henk Hattingh

Hierdie glasballe (R85 en R95) van @home werk elk met sy eie klein battery.
FOTO: Henk Hattingh

Verklein jou diermotiewe, stryk af, stik rondom toe, stop e ens op en hang aan jou boom met ’n rooi lint. Jakkals-versierings (R155,05 vir 9) is van Tassels & Treasures.  FOTO: Henk Hattingh

Verklein jou diermotiewe, stryk af, stik rondom toe, stop e ens op en hang aan jou boom met ’n rooi lint. Jakkals-versierings (R155,05 vir 9) is van Tassels & Treasures.
FOTO: Henk Hattingh

 Hang ‘n muur vol kranse

Hang 'n groep kranse bo jou poedingtafel en draai stringe batteryliggies daarom vir ekstra glans. Tangskik hierby 'n groep wit kerse vir 'n feestelike atmosfeer. Kranse )vanaf R320) van Andrea's Topiary Creations FOTO: Henk Hattingh

Hang ‘n groep kranse bo jou poedingtafel en draai stringe batteryliggies daarom vir ekstra glans. Tangskik hierby ‘n groep wit kerse vir ‘n feestelike atmosfeer. Kranse )vanaf R320) van Andrea’s Topiary Creations
FOTO: Henk Hattingh

Sarie Xmas 15 (516 of 660)-Edit

Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees

The post Kersfees 2015 – Dekoridees appeared first on SARIE.

Jani se DIY-blog: Nuwe bottels oud

$
0
0

Soos die meeste kreatiewe siele hou ek my voete moeilik van ’n antieke mark af weg … net vir ingeval daar dalk iets beeldskoons wegkruip. Die tafels met ou botteltjies is my absolute gunsteling.  Maar sjoe, ek sien die prys van hierdie skaars glasflessies het taamlik gestyg. Ek het bietjie gaan rondspeel om te kyk of ons nie self sulke mooi ou, gekrapte groen glas kan maak nie.

 

JY BENODIG:

  • Glasbotteltjie (Ek het ’n Tabasco-botteltjie gebruik, want sy vorm is pragtig en hy lyk sommer klaar antiek.)

1 a

  • Baie growwe skuurpapier – 40 of 60 grint
  • Handskoene om jou vel teen glasstof te beskerm
  • Annie Sloan Chalk Paint™ in Duck Egg Blue en Provence (Jy kan ook ’n PVA met ’n dowwe afwerking probeer.)
  • ’n Ou lappie (of kaasdoek, mutton cloth in Engels)
  • ’n Antieke ontwerp wat op jou botteltjie sal pas, op gewone papier met ‘n laserdrukker in spieëlbeeld gedruk
  • Podge
  • ’n Goeie vernis met ’n dowwe glans. Ons gebruik Paint & Décor se duursame enkelpak waterbasis-epoksie.

 

1. Skoonmaak

1 b 1 c 1 d

Maak seker jou botteltjie is skoon en olievry. Laat week hom in water om enige plakkers af te haal en maak seker al die gom is ook af. *Gebruik Doom, bensien of StickyStuffOff.

2. Skuur

2 c 2 b 2 a

Wanneer jou botteltjie mooi skoon en droog is, gaan ons die verouderingsproses begin deur die bottel oral met die growwe skuurpapier te skuur. Skuur in alle rigtings en maak seker dat jy nie ‘n enkele stukkie gladde glas los nie. Wees bedag daarop dat die stof wat van dié skuurproses op jou tafel gaan beland ’n mengsel van skuurpapier en glas is. Dra handskoene om jou vel teen die glasstof te beskerm.

As alles mooi dof geskuur is, vee die botteltjie af met ’n klam lappie.

3. Verf

3 a 3 b 3 c 3 d 3 h

Ek gebruik Annie Sloan se Chalk Paint in hierdie geval, maar jy kan ook ’n PVA gebruik indien daar nie ’n Annie Sloan-winkel naby jou is nie. Kies kleure wat die ou-groen van die antieke botteltjies mooi kan namaak. Ek het Annie Sloan se Duck Egg Blue en Provence gebruik.

WENK: Enige antieke gevoel lyk altyd baie meer eg as jy speel met twee kleure wat na aan mekaar is sodat jy ’n outentieke gevlekte voorkoms eerder as een egalige, eenkleurige afwerking het.

Ek gebruik sommer my vinger om die verf oral oor die botteltjie in te vryf.

Wat ons wil doen, is om die verf in die krapmerke ín te werk sodat die bottel ’n groen skynsel kry.

Vee met ‘n droë lap oor die hele botteltjie terwyl die verf nog nat is – dié stap verseker dat die bottel nie “geverf” lyk nie, maar net ‘n dowwe groenblou kleur het. Vee die botteltjie af totdat jy geen soliede verfmerke sien nie.

En siedaar! Eintlik kan jy nou die botteltjie net so uitstal, maar ons gaan nog ’n stappie verder.

 

4. Oordrag-tegniek

4 b 4 c 4 d 3 d

Om die botteltjie ekstra spesiaal en oud te laat lyk gaan ek ’n antieke ontwerp op die bottel se voorkant oordra. Hiervoor gebruik ek ’n antieke ontwerp wat op die botteltjie sal pas, met ‘n laserdrukker in spieëlbeeld gedruk op gewone papier en Podge. (Podge kan jy by enige kuns- of handwerkwinkel – of by Paint & Décor – koop.)

Knip jou ontwerp mooi uit. Verf nou ’n laag Podge oor die area waar jou ontwerp oorgedra moet word. Plaas die ontwerp met die papier se ink-kant teen die Podge terwyl die Podge nog goed nat is. Vee die agterkant van die papier mooi glad en stewig teen die botteltjie – vee ekstra Podge net weg (moenie die Podge aan die agterkant van die papier kry nie).

Nou laat ons die papier en Podge droog word.

5. Papier afhaal

5 b 5 c

Wanneer die papier en die Podge goed droog is, kan jy die opwindende maar sorgvuldige proses begin om die papier van die Podge af te vryf sodat die ink op die Podge op die botteltjie agterbly.

Doen dit so: Maak die papier nat en vryf met jou vinger sorgvuldig totdat jy krummeltjies papier sien afkom. Gaan voort totdat jy die ink mooi sien deurslaan en al die wit (wat die papier is) van die oppervlak verwyder is.

En siedaar! Jy het ’n pragtige ou botteltjie met ’n oorspronklike ontwerp. Jy kan nou ’n mooi dowwe vernis (mat) oorverf (Paint & Décor se enkelpak waterbasis-epoksie is wonderlik hiervoor omdat dit ook ’n dowwe afwerking het wat perfek by die outentieke gevoel werk).

Finale produk: 

klaar c klaar d klaar b klaar a

 

Lees ook:

 

 

The post Jani se DIY-blog: Nuwe bottels oud appeared first on SARIE.

Kuier die Pase in die tuin

$
0
0

Vier ’n Paasnaweek vol vruegde en stil oomblikke in die buitelug.

Hasie op die tafel

Kuier die Pase in die tuin

Kuier die Pase in die tuin
PHOTO: Donna Lewis

Haas-naamkaartjies

Kuier die Pase in die tuin

Kuier die Pase in die tuin
PHOTO: Donna Lewis

As jy meer formeel gaan dek, maak vir jou gaste prettige naamkaartjies. Google Silhouette of rabbits en kies ’n ontwerp na jou smaak. Vergroot of verklein op ’n fotostaatmasjien en knip die ontwerp uit swart papier. Knip 10 x 10 cm-naamkaartjies uit stywe papier, vou dit dubbel en plak ’n hasie op elkeen vas. Skryf die name met ’n wit pen daarop.

Nessie van lap

Kuier die Pase in die tuin

Kuier die Pase in die tuin

Skeur repe materiaal van so 3 cm breed uit katoenlap. Rol dit liggies om jou hand en trek dit af. Vorm ’n nessie. Plak dit op ’n klein sirkel papier vas om ’n digte bodem te maak.

Steek dit in die tuin weg met ’n paar Paaseiers daarin. Tik ’n Paasboodskap en druk uit op gekleurde papier. Knip in repe uit en rol op, plaas in nessies.

The post Kuier die Pase in die tuin appeared first on SARIE.


Begin April met dié SARIE-agtergrond

$
0
0

April is hier! En ná al die langnaweke in Maart, is ons reg vir ’n nuwe maand. Dit beteken ook dis tyd om jou slimfoon se skermagtergrond te verander. 

SARIE het spesiaal vir April ’n paar kunswerke ontwerp.

20160301_1Maart

2016_MaartSmartphoneWallpaper320x480

As jy hierdie op jou slimfoon lees, klik op die prentjie wat jy graag as agtergrond wil hê. Jou slimfoon sal die opsie gee om die prentjie te stoor. Stoor die prentjie.

Só verander jy die agtergrond op jou Android-slimfoon:

1) Op jou slimfoon, klik op die “menu”-opsie en kies of die “wallpaper”-opsie of gaan na jou galery.

2) Kry die prentjie wat jy wil gebruik en klik daarop.

3) Daar sal ‘n boks verskyn wat jou die opsie gaan gee of jy die hele prent of net ‘n gedeelte wil laat verskyn. Maak jou keuse.

4) Onder, links, kan jy die grootte van die prent goedkeur: wag vir ’n sekonde terwyl jou agtergrond verander.

5) Jy sal ’n erkenning ontvang dat jou agtergrond verander is. Gaan na jou tuisskerm en siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond!

Só verander jy die agtergrond op jou IOS-slimfoon (Apple):

1) Gaan na jou “settings”-opsie.

2) Soos jy met jou duim boontoe beweeg, sal ’n “wallpaper”-opsie verskyn. Klik op dié opsie.

3) Jou huidige tuisskerm en geslote skerm gaan wys. Bo die twee prente is ’n opsie “Choose a New Wallpaper”. Klik daarop.

4) Klik op jou “Camera Roll”-opsie. Soek jou prentjie, klik op die prentjie en “set” dit.

5) Jy het ’n keuse om dit óf jou tuisskerm óf geslote skerm te maak, óf albei. Siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond.

SARIE het ook spesiaal ’n agtergrond vir jou rekenaarskerm gemaak. Kyk net daai vakansiedag in swart gemerk! 

Laai dit HIER af!

2016_AprilDesktop

 

ALLE ONTWERPE: Maresa Pretorius

Gelukkige April!

Lees nou:

 

 

The post Begin April met dié SARIE-agtergrond appeared first on SARIE.

SARIE Kreatief: 10 ekstra breipatrone

$
0
0

Dis byna winter! Dis juis die perfekte tyd om onder ’n warm kombers te sit en brei. Hier is 10 brei- en hekel-patrone om jou hierdie winterseisoen besig te hou.

Grys serp, handsak en handskoene

Mantel en handskoene

Klik HIER vir die patroon.

Hekel-mosaïekkombers

Hekel-mosaïekkombers

Klik HIER vir die patroon

Somer serp

Somer serp

Klik HIER vir die patroon.

Sak van tou

Sak van tou

Klik HIER vir die patroon.

Hartjie teemus

Hartjie teemus

Klik HIER vir die patroon.

Hekelpatroon vir ’n teemus

Hekel teemus

Klik HIER vir die patroon.

Kleurryke blommetjies

kleurryke_blommetjies

Klik HIER vir die patroon.

Kabelkussing in twee kleure

kabelkussing

Klik HIER vir die patroon.

Gehekelde blommetjie met 6 kante

gehekelde_blommetjie

Klik HIER vir die patroon.

Breipartoon vir ‘n mantel

mantel

Klik HIER vir die patroon.

Lees nou

The post SARIE Kreatief: 10 ekstra breipatrone appeared first on SARIE.

Kom hekel saam – Blok 1

$
0
0

Dis nou tyd om die hekelpenne en breidraad uit te haal en dié mooi blokkieskombers te hekel. Elke Woensdag en Vrydag – vir die volgende 6 weke – kan jy ‘n nuwe blokkie-patroon aflaai!

Die kombers bestaan uit 24 blokkies, jy moet dus 2 blokkies van elke patroon hekel. Jy het ‘n basiese kennis van hekel nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te hekel, gaan na die webtuiste Elle.

 

CAL blanket

Grootte

Voltooide kombers: 87 x 130 cm

Elke blokkie sonder randafwerking: 21 x 21 cm

Afkortings

Beg – begin; dies – dieselfde; dr – draai; dsl – dubbelslagsteek; gs – glipsteek; her – herhaal; hlb – halwe langbeen; h/aan(af) – heg aan(af); kb – kortbeen; ks – kettingsteek/steke; lb – langbeen; pat – patroon(steek); rdte(s) – rondte(s); sp(s) – spasie(s); st(e) – steek(steke); vlg – volgende

WENK: Lees altyd eers jou patroon goed deur voor jy begin hekel

BLOK # 1

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Benodigdhede

Elle Family Knit-dubbeldraad (50 g-bolle) in die volgende kleure: 5 bolle wit 001, 2 bolle elk Gravel 075 en Antique 049, 1 bol elk Duck Egg 223, Mistletoe 2174, Fig 207, Cranberry 283, Watermelon 205 en Coral Rose 054; 3,5 mm-hekelpen

Hekel so

Neem kleur Antique en hekel 4 ks, las met gs in 1e ks om ring te vorm.

1e rdte: 5 ks (= 1e lb , 2 ks), (3lb in ring, 2 ks) 3 keer, 2 lb in ring, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

2e rdte: Neem kleur Mistletoe, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 3 lb in dies sp, * 1 ks, slaan 3 lb oor, (3 lb, 2 ks, 3 lb) in vlg ks-sp (= hoek), her van * nog 2 keer, 1 ks, 2 lb in beg ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

3e rdte: Neem kleur Gravel, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 3 lb in dies ks-sp, * 1 ks, 3 lb in vlg 1- ks-sp, 1 ks, (3 lb, 2 ks, 3 lb) in hoek 2-ks-sp, her van * nog 2 keer, 1 ks, 3 lb in vlg 1-ks-sp, 1 ks, 2 lb in beg ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

4e rdte: Neem kleur Duck Egg, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 3 lb in dies ks-sp, * (1 ks, 3 lb in 1 ks-sp) 2 keer, 1 ks, (3 lb, 2 ks, 3 lb) in hoek 2- ks-sp, her van * nog 2 keer, (1 ks, 3 lb in 1-ks-sp) 2 keer, 1 ks, 2 lb in beg ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

5e rdte: Neem wit, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 3 lb in dies ks -sp, * (1 ks, 3 lb in 1-ks-sp) 3 keer, 1 ks, (3 lb, 2 ks, 3 lb) in hoek 2-ks-sp, her van * nog 2 keer, (1 ks, 3 lb in 1-ks-sp) 3 keer, 1 ks, 2 lb in beg ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

6e rdte: Neem kleur Antique, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 2 lb in dies ks-sp, * 1 lb in elk van vlg 3 lb, 1 lb in 1-ks-sp, 1 lb in vlg lb, 9 ks, slaan 9 ste oor (insluitend ks ste), 1 lb in vlg lb, 1 lb in 1-ks-sp **, 1 lb in elk van vlg 3 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek 2-ks-sp, her van * nog 2 keer, her van * tot ** nog een keer, 1 lb in elk van vlg 2 lb, 1 lb in gs, 1 lb in beg-ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

7e rdte: Neem kleur Mistletoe, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 2 lb in dies ks-sp, 1 lb in elke lb, 9 ks in vorige rdte en (2 lb, 2 ks, 2 lb) in elke hoek 2-ks-sp rondom, 1 lb in gs, 1 lb in beg ks-sp, gs in 3e van 5 ks, knip draad af.

8e rdte: Neem kleur Gravel, hekel soos 7e rdte.

9e rdte: Neem kleur Duck Egg, gs in ks-sp, 5 ks (= 1 lb, 2 ks), 2 lb in dies ks-sp, * 11 lb, 4 ks, 1 kb oor al 9 ks lusse, 4 ks, 11 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek 2-ks-sp, her van * rondom, 1 lb in gs, 1 lb in beg ks-sp, gs in 3e rdte van 5 ks, knip draad af.

10e rdte: Neem wit, gs in ks-sp, 3 ks, (= 1 kb, 2 ks), 2 kb in dies ks-sp, *13 kb, 6 ks, 13 kb, (2 kb, 2 ks, 2 kb) in hoek 2-ks-sp, her van * rondom, 1 kb in gs, 1 kb in beg ks-sp, gs in 1e ks.

11e rdte: (1 kb, 2 ks, 1 kb) in hoek, 2-ks-sp, 1 kb in elke kb en 1 kb in elke 6 ks rondom, gs in 1e kb,

h/ af.

Afwerking

Werk alle los drade netjies weg. Speld uit op ‘n handdoek tot korrekte grootte, plaas ‘n klam doek oor en laat droog word.

Kyk gerus die video Hekel 101 om die basiese steke te leer

The post Kom hekel saam – Blok 1 appeared first on SARIE.

Kom hekel saam – Blok 2

$
0
0

Dis nou tyd om die hekelpenne en breidraad uit te haal en dié mooi blokkieskombers te hekel. Elke Woensdag en Vrydag – vir die volgende 6 weke – kan jy ’n nuwe blokkie-patroon aflaai! 

Die kombers bestaan uit 24 blokkies, jy moet dus 2 blokkies van elke patroon hekel. Jy het ‘n basiese kennis van hekel nodig om die kombers te voltooi. Vir die Engelse weergawe, gaan na die webtuiste Elle.

So lyk blok nommer 2

Square 2-4 copy

Grootte , afkortings en afwerking:

Sien blok 1

Ekstra afkortings: Dsl – dubbelslagsteek; hlb – halwe langbeen

Let wel: (#) dui aan wanneer jy die draad moet afknip en met ’n nuwe kleur begin.

Benodigdhede

Elle Family Knit-dubbeldraad (50 g-bolle) in die volgende kleure: 1 bol van elk in wit 001, Gravel 075, Antique 049, Fig 207 en Cranberry 283; 3,5 mm-hekelpen

Hekel so

Neem kleur Gravel en hekel 4 ks, las met gs in 1e ks om ring te vorm.

1e rdte: 4 ks (= 1 lb, 1 ks), (1 lb, 1 ks) 7 keer in ring, gs in 3e ks.

2e rdte: Gs in 1 ks-sp, 4 ks (= 1 lb, 1 ks), (1 lb, 1 ks) 3 keer in dies 1-ks-sp, * slaan vlg 1-ks-sp oor, (1 lb, 1 ks) 4 keer in vlg 1-ks-sp, her van * nog 2 keer, gs bo in 3 ks, vlg 1-ks-sp en in vlg lb (#).

3e rdte: Neem kleur Antique, gs in vlg 1-ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 5 lb in dies 1-ks-sp, * 1 ks, slaan vlg 1-ks-sp, (1 lb, 1 ks) 2 keer in vlg 1-ks-sp, slaan vlg 1-ks-sp oor, 6 lb in vlg 1-ks-sp, her van * nog 2 keer, 1 ks, slaan vlg 1-ks-sp oor, (1 lb, 1 ks) 2 keer in vlg 1-ks-sp, 1 ks, (#) gs bo in 3 ks.

4e rdte: Neem kleur Fig, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek as gs, 2 lb in elk van vlg 5 lb, * slaan vlg 1-ks-sp oor, ( 1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg 1-ks-sp, slaan vlg 1-ks-sp oor, 2 lb in elk van vlg 6 lb,her van * nog 2 keer, slaan vlg 1-ks-sp oor, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg 1-ks-sp, (#) gs bo in 3 ks.

5e rdte: Neem kleur wit, 4 ks (= lb, 1 ks), ( 1 lb in vlg lb, 1 ks) 10 keer, 1 lb in vlg lb, [1 kb in 2-ks-sp, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 11 keer, 1 lb in vlg lb] 3keer, 1 kb in 2-ks-sp, (#) gs bo in 3e ks.

6e rdte: Neem kleur Gravel, * (1 kb in vlg 1-ks-sp, 2 ks) 11 keer, slaan (1 lb, 1 kb en 1 lb) oor, her van * nog 3 keer, gs in 1e kb.

7e rdte: * (1 kb in vlg 2-ks-sp, 2 ks) 9 keer, 1 kb in vlg 2-ks-sp, 3 ks, slaan vlg 2-ks-sp oor, her van * rondom, (#) gs in 1e kb.

8e rdte: Neem kleur Cranberry, * 2 kb in elk van vlg 2 x 2-ks-sp, 2 hlb in vlg 2-ks-sp, 2 lb in vlg 2-ks-sp, 5 dsl in vlg 2-ks-sp, 2 lb in vlg 2-ks-sp, 2 hlb in vlg 2-ks-sp, 2 kb in elk van vlg 2 x 2-ks-sp, 1 kb in 3-ks-sp, her van * rondom, gs in 1e kb, h/af.

9e rdte: Neem kleur Fig, gs in sp voor middelste dsl van 5 dsl groep, 2 ks ( = 1 hlb), 1 hlb in dies sp, * 1 ks, slaan vlg dsl oor, 2 hlb in sp na st oorgeslaan, (slaan 2 ste oor, 2 hlb in sp na ste oorgeslaan) 4 keer, slaan 2 ste oor, 1 hlb in vlg kb, 1 hlb in sp na kb, (slaan 2 ste oor, 2 hlb in sp na ste oorgeslaan) 5 keer **, 1 ks, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog een keer, gs bo in 2 ks en vlg hlb (#).

10e rdte: Neem kleur wit, gs in hoek-ks-sp, 2 ks (= 1 hlb), (1 hlb, 2 ks, 2 hlb) in dies ks-sp, *(slaan 2 ste oor, 2 hlb in sp na ste oorgeslaan) tot vlg hoek, slaan 2 ste oor, (2 hlb, 2 ks, 2 hlb) in hoek ks-sp, her van * rondom, gs in bopunt van 2 ks en vlg hlb (#).

11e rdte: Neem kleur Cranberry en hekel soos 10e rdte.

12e rdte: Neem kleur Fig en hekel soos 10e rdte.

13e rdte: Neem kleur wit en hekel soos 10e rdte, h/af.

– Blok 3 verskyn Vrydag 29 April.

 

The post Kom hekel saam – Blok 2 appeared first on SARIE.

Kom hekel saam – Blok 3

$
0
0

Dis nou tyd om die hekelpenne en breidraad uit te haal en dié mooi blokkieskombers te hekel. Elke Woensdag en Vrydag – vir die volgende 6 weke – kan jy ’n nuwe blokkie-patroon aflaai! 

Die kombers bestaan uit 24 blokkies, jy moet dus 2 blokkies van elke patroon hekel. Jy het ‘n basiese kennis van hekel nodig om die kombers te voltooi.Vir die Engelse weergawe, gaan na  Elle.

Grootte, afkortings en afwerking:

Sien vorige blokke

CAL blanket

Ekstra afkortings en steke:

(#) dui aan wanneer jy die draad moet afknip en met ’n nuwe kleur begin.

Dop  = draad om pen

Picot (p) = 3 ks, gs in 1e van die 3 ks

 lb-tros = (draad oor pen,  steek pen in aangewese plek en trek lus deur, draad oor pen en trek deur 1 lus, draad oor pen en trek deur 2 lusse) 2 keer = 3 lusse op pen, draad oor pen en trek deur al die lusse

v-st =(1 lb, 1 ks, 1 lb) in aangewese plek

Benodigdhede

Elle Family Knit-dubbeldraad (50 g-bolle) in die volgende kleure: 1 bol van elk in wit 001, Gravel 075, Antique 049, Coral Rose 054 en Watermelon 205; 3,5 mm-hekelpen

BLOK # 3

FOTO: Verskaf

Blok #3

Hekel so

Neem kleur Watermelon en hekel 6 ks, las met gs in 1e ks om ring te vorm.

1e rdte: 1 ks, 12 kb in ring, gs in 1e kb.

2e rdte: 3 ks, 1 lb in dies plek as gs, * 2 ks, lb-tros in vlg kb, 5 ks, 1 lb-tros in vlg kb, 2 ks **, lb-tros in vlg kb, her  van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, (#), gs in 1e lb (nie bopunt van 3 ks).

3e rdte: Neem wit, 2 ks (= 1 hlb), * 1 ks, (1 lb, p, 1 lb) 5 keer in 5-ks-sp, 1 ks **, slaan lb-tros en 2-ks-sp oor, 1 hlb in vlg lb-tros, her  van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, gs in bopunt van 2 ks, h/af.

4e rdte: Neem kleur Coral Rose, gs in 1-ks-sp voor 2 ks, 3 ks, 1 lb in 1e 1-ks-sp, *3 ks, 1 kb in 1e lb van 2e p-waaier, 3 ks, 1 kb in 2e lb van 2e p-waaier, 4 ks, 1 kb in 1e lb van 4e p-waaier, 3 ks, 1 kb in 2e lb van 4e p-waaier, 3 ks ** , lb-tros deur 1 been  in elk van vlg 2 x 1-ks-sps te hekel, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, gs in 1e lb (nie bopunt van 3 ks).

5e rdte: 1 ks, (2 kb, 1 ks, 2 kb) in elke 3-ks-sps rondom en (2 kb, 2 ks, 2 kb) in elke hoek 4-ks-sp, gs in 1e kb, h/af.

6e rdte: Neem kleur Gravel, gs in 1e 1-ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 1 ks, 1 lb in dies 1-ks-sp (=v-st), v-st in vlg

1-ks-sp, * 1 ks, ( 1lb, 1 ks, 1 lb-tros, 1 ks, 1 lb) in 2-ks-sp, 1 ks, v-st in elk van vlg 4 x 1-ks-sps, her  van * nog 2 keer, 1 ks, (1 lb, 1ks, 1 lb-tros, 1 ks, 1 lb) in 2-ks-sp, 1 ks, v-st in elk van vlg 2 x 1-ks-sps, (#) gs in bopunt van 3 ks.

7e rdte: Neem kleur Antique, 1 ks (= 1e ks-sp), 1 kb in elke 1-ks-sp, 1 kb in elke sp tussen v-ste en 1 ks tussen elke kb gehekel, (1 kb, 1 ks, 1 kb) in elke lb-tros rondom.

8e rdte: 1 kb in elke 1-ks-sp, 1 kb in elke kb en 2 kb in elke hoek-ks-sp rondom, (#) gs in 1e kb.

9e rdte: Neem Wit, 3 ks (= 1 lb), 11 lb, (2 lb in vlg kb, 1 ks, 2 lb in vlg kb, 25 lb) 3 keer, 2 lb in vlg kb, 1 ks, 2 lb in vlg kb, 13 lb, (#)gs in bopunt van 3 ks.

10e rdte: Neem kleur Antique, 1 ks, 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elke lb en 2 kb in elke hoek-1ks-sp rondom, (#) gs in 1e kb.

11e rdte: Neem kleur Coral Rose, 2 ks, (= 1 hlb), (1 ks, slaan vlg kb oor, 1 hlb in vlg kb) 6 keer, *slaan vlg kb oor, [1ks, (1 hlb, 1ks, 1 hlb) in vlg kb] 2 keer, (1 ks, slaan vlg kb oor, 1 hlb in vlg kb) 14 keer, her van * nog 2 keer, slaan vlg kb oor, [1 ks, (1 hlb, 1 ks, 1 hlb) in vlg kb] 2 keer, (1 ks, slaan vlg kb oor, 1 hlb in vlg kb) 7 keer, 1 ks, gs in bopunt van 2 ks.

12e rdte: Neem kleur Watermelon, gs in 1e 1-ks-sp, 2 ks (= 1 hlb), (1 ks, 1 hlb in 1-ks-sp) 7 keer, * 1 ks, ( 1hlb, 1 ks, 1 hlb) in vlg 1-ks-sp, (1 ks, 1 hlb in 1-ks-sp) 17 keer, he r van * nog 2 keer, 1 ks, (1 hlb, 1 ks, 1 hlb) in vlg 1-ks-sp, (1 ks, 1 hlb in 1-ks-sp) 9 keer, 1 ks, (#) gs in 2e ks.

13e rdte: Neem wit, 1 ks, 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elke hlb, 1 kb in elke 1-ks-sp, (1 kb, 1 ks, 1 kb) in elke hoek 1-ks-sp rondom, gs in 1e kb, h/af.

Blok 4 verskyn Woensdag 4 Mei.

The post Kom hekel saam – Blok 3 appeared first on SARIE.

Viewing all 84 articles
Browse latest View live